Prysbeleid
Ons beleid is om pryse so min as moontlik te verander. Ons het prysaanpassings en Augustus 2004, Januarie 2007, Januarie 2009 en April 2011 gehad.

Ons glo verder dat ons pryse baie kompeterend is, en dat daar min produkte beskikbaar is wat veral in terme van ons funksionaliteit kan kompeteer. Ons nooi u dus uit om te vergelyk, en as u van mening is dat u 'n beter transaksie elders gevind het, sal ons dit waardeer as u ons daarvan sal vertel.

As voorbeeld: Ons verkoop Dallas "i-buttons" vir slegs R25 plus BTW (geen minimum nie) - hierdie prys geld reeds van 2003 af.
Waarborge
Ons produkte dra almal 'n volle tweejaarwaarborg. Waar ons van mening is dat enige probleem met 'n klok reeds latent was met verkoop, sal ons in eie diskresie ook die klok herstel of vervang.