Handleser-klokstelsels
Hierdie stelsel is bedoel om 'n heeltemal nuwe benadering tot biometriese klokstelsels te vestig, veral met die oog op die omgewings waarin baie van ons produkte moet funksioneer.
In plaas daarvan om ten volle op ‘n vingerafdruk staat te maak om ‘n werker te identifiseer, gebruik die stelsel basiese metings van vier vingers om te bevestig dat die hand by die werkernommer pas. Sodoende oorkom dit die probleme wat tipies met vingerafdrukke voorkom, soos vuil, verslete, droë of olierige vingers en moeilik leesbare vingerafdrukke.
Bykomend hiertoe, neem die stelsel ook 'n foto van elke werker tydens ELKE klok-aksie, wat dan saam met die klokdata na die rekenaar oorgelaai word. Hierdie foto's word tydens die verwerkingsproses vertoon en kan dan (indien so verkies) permanent in die databasis gebęre word om tydens dissiplinęre optrede as bewys te dien. Omdat die stelsel nie van drukknoppies gebruik maak soos die bestaande reeks klokstelsels nie, elimineer dit ook die verloor en vergeet van drukknoppies, sowel as die administrasie hieraan verbonde.
Die handklok is ‘n alleenstaande, battery-aangedrewe instrument soos ons ander produkte en kan dus in dieselfde tipe omgewing aangewend word. Dit het dieselfde robuuste en modulęre konstruksie, en beide die handleser-komponent en die sleutelpaneel gebruik kontakvrye sensors om bewegende dele en slytasie heeltemal uit te skakel. Die stelsel se werking berus daarop dat dit die werker se hand mettertyd “leer ken” en daar is dus geen potensieel tydrowende en moeilike aanvanklike registrasieproses vir elke werker nodig nie. Die klok kan gevolglik ook maklik op ‘n terrein weg van die kantoor aangewend word. Klokdata en foto’s word met ‘n USB-skyf oor en weer vervoer.
Spesifieke voordele bo ander stelsels, byvoorbeeld vingerafdrukke:
- Geen aanvanklike registrasieproses by die klok nie: Die klok leer die werker se hand met tyd ken;
- Dit werk met werklike vuil hande, verslete vingerafdrukke ensomeer. Dit sal selfs 'n werker se hand deur 'n vel papier of plastiek lees;
- Robuuste, battery-aangedrewe, kabelvrye produk vir gebruik in rowwe omgewings;
- Voorsien u van fotografiese getuienis van vriende wat mekaar help ("buddy-clocking");
- Dit is 'n geloofwaardige afskrikmiddel teen klokbedrog: Dis werklik 'n spesiale soort mens wat sal kans sien om die stelsel te probeer omseil, met die sigbare foto-flits en handleser gekombineer. Ons glo dat baie min mense selfs sal probeer om die stelsel te fnuik.